Saturday, September 29, 2007

Die Onverganklike Sfeer

Rita van Wyk – Blog Aktiwiteit 2
25110812

Die Onverganklike Sfeer

Die mens word elke dag in gevaar gestel deur 'n verskeidenheid virusse, insluitende Vigs en Tuberkulosis. Suid-Afrika is bekend vir sy hoë getalle mense met HIV en Vigs en Tegnologie het 'n ooreenstemmende draaiboek, deur te kyk dat dit ook 'n virus kan kry wat lei tot die verandering en korrupsie van data en lei tot apparaat defek ( Meganiese dood).

Ons leef in 'n gemeenskap wat al hoe meer afhanklik word van tegnologie en waar tegnologie al hoe meer onafhanklik word van menslike ingryping. Volgens Katherine Hayles (1999) word mens en tegnologie hibride van mekaar (Hayles 1999:[sp]). Hayles maak die punt dat mens se onderbewussyn verander het tot 'n kunsmatige bewussyn waarin die mens se eue-oue tog vir onvergangklikheid 'n konstante motiveerder is (Hayles 1999[sp]). Met die tegnologiese vooruitgang in biologiese manipulasie het dit moontlik geword om ons geslag te verander en organe te groei. Dit is onvermydelik dat onvergangkikheid volgende op daai lys is.
In eerste wêreld verbruikers gemeenskappe het die fisiese liggaam net 'n benodigde geword, iets wat verbeter kan word, verander kan word deur tegnologie, teen 'n buitensporige prys. Mense van Suid-Afrika en ander derde wereld lande het nie die fondse vir dié voorregte nie. Geld is altyd 'n faktor.
Wanneer 'n “wonder pil” vir Vigs ontdek word, moet geen HIV positiewe persoon die tweede kans vir 'n lewe ontken word nie. Mense sonder finansiering moet voorsien word van die “wonder pil”. Die mens se lewe is meer belangrik as rykdom. Maar dit gebeur net in 'n perfekte wereld. In die wereld van vandag sal mense sonder fondse huis toe gestuur word of erger nog hoop gee aan die wat dit nie gaan ontvang nie. Die konsep van 'n verlenging van die mens se lewe tot die punt van onverganklikheid word gesien as verkeerd en onnatuurlik. Die tyd wat gegee is aan ons is kosbaar en moet waardeer word .
Bron:
Hayles, K. 1999. How we became Posthuman.